Griffons stoom voort op segetog om SA Beker. • Die span spog met twee spelers wat saam al 150 keer vir die Perstruie uitgedraf het•Artikel: Molly Green | Fotografie: Verskaf Dominic, wat as “Man of the Match” in die onlangse krag-meting teen die Cheetahs aangewys is, is in ‘n stadium terug Oudtshoorn toe, maar het hom in 2019 weer by die Griffons aangesluit. “Ek is baie gelukkig by die Griffons. Ek sien ‘n blink toekoms vir die Griffons. Ons is gemo-tiveerd om net beter en beter te vaar.” Afrigter Jacques Juries skryf sy span se sukses aan bloot-stelling en kontinuïteit toe. “Ons het ‘n sterk groep spe-lers en die spelers is voltyds gekontrakteer. Duan was reeds kaptein toe ek by die Griffons aangesluit het. Hy is baie lojaal, pligsgetrou en gedissiplineerd. ‘n Ware staatmaker. Dominic is ‘n speler wat oor baie vaardighede beskik. Hy is ‘n speler op wie ‘n mens kan vertrou en op wie jy kan staatmaak. Ons is gelukkig om ‘n speler van sy kaliber in die span te kan hê.”30 | Upli Media Nuus | Mei 2024 Ná skool het hy aan die Universiteit van die Vrystaat ((Kovsies) gaan studeer. Hy wou ‘n bourekenaar word en het ook in ‘n elektriese rigting belang gestel. In Bloem-fontein het hy as speler om die Varsity-skild meegeding. In 2015 het hy by die Griffons aangemeld. Na net drie wedstyde is hy as kaptein kies, ‘n posisie wat hy nog steeds beklee. Die gesoute losskakel speel nou voltyds rugby, maar hy het ook sy eie sake-onderneming. Dié nunutsman se hande staan verder vir niks verkeerd nie. Hy en sy vrou, Chadré, het twee kinders, Lané (3) en Juwan (2). Hulle is sy grootste ondersteuners en woon elke wedstryd by wat hy speel. “Sukses kom van harde werk. Hoe harder jy werk, hoe meer sukses sal jy behaal.”Duan sê hy geniet dit om rugby te speel. “Ek probeer om vir die jong manne riglyne te gee.” Dit is ook vir hom lekker om die jong outjies te motiveer. Hy groot lof vir “coach” Jacques. “Hy weet hoe om spelers te motiveer om hulle beste te gee. Hy gee werklik vir die spelers om.” Hy het ook groot respek en agting vir die vorige Grif-fons-afrigter, wyle Oersond Gorgonzola, gehad. “Hy is al-lerweë as ‘n mense-mens beskou. ‘n Man wat agting afgedwing het en wat die spelers met respek behandel het.” Jacques Juries, ervare afrigter van die Perstruie, is ‘n man wat talent herken as hy dit sien. Hy het Dominic Smit (28) in Oudtshoorn as ‘n talentvolle jong speler raak-gesien. Dominic het aan die Hoërskool Hentie Cilliers in Virginia gematikuleer en vir die Griffons se o.19- en o.20-span uitgedraf . Dié spanne het toe albei die eersteli-ga van die Curriebeker gewen. Dominic, wat in Welkom bly, sê hy was 7 jaar oud toe hy besluit het rugby is die sport vir hom. Ook hy het groot agting vir “coach” Jacques. “Sonder hom sou ek nie 50 wedstryde vir Grif-fons kon gespeel het nie.Kaptein Duan is ‘n Hennenmanner in murg en been. Op skool het hy vir Griffons se Akademiespan, en later vir Griffons se o.19 en o.21-spanne onderskeidelik gespeel. Die NovaVit Griffons, wat sedert 2023 in die Premierliga van die Curriebeker-reeks speel, is ‘n faktor in die SA Bek-er-kragmeting om mee rekening te hou. Die Griffons het reeds vier van hulle vyf wedstryde in die SA Beker gewen, en die Toyota Cheetahs met 36-33 in Welkom geklop. Hulle het ook met die Luiperds, die Kavaliers en Grens af-gereken. Die enigste span teen wie hulle die onderspit gedelf het, was die Griekwas. Bewens ‘n sterk span, spog hulle ook met twee spelers wat saam al 150 keer vir die Perstruie uitgedraf het. Hulle is die die deurwinterde kaptein, Duan Pretorius (33), wat sy 100ste wedstryd vir die Noord-Vrystaters agter die rug het, en Dominic Smit (28), heelagter, wat al 50 keer vir die “Purple Man Eaters” uitgedraf het.